Loraine Bester – 30th Birthday Celebration

Comments

2
  1. Marinda Koekemoer

    Ek het julle huis gekyk in Tuis. Fantasties verby!!!!!! Het Kraak gesoek op Internet!! Wonderlik!! Is nou besig om al die funksies in detail te bestudeer, maar omdat ek oor 4 jaar 60 word het ek saggies by myself gewonder of julle in Kaap is. Baie lief vir koek en tee & kyk hoe perfek! Is nou 2 jaar afgetrede onderwyseres. Gaan klein bietjie aanbou en dan moet ek al my outydse goedjies wat ek van 24-jarige ouderdom versamel het uitstal. Soek iemand wat dit baie spesiaal kan doen – julle is perfek. Se asb julle doen binnenshuise versiering, want julle aanslag is 100% wat ek soek. Wag met trane in oe, want ek sal nie ‘n “nee” kan aanvaar nie. Julle is absoluut PERFEK. Die Vader het julle geseen het baie talent en met goud beslaan. Daar is nie herhalings in die funksies nie. Wel gedaan. Julle kan baie trots voel.

    Reply
    • admin

      Hey Marinda! Baie dankie vir jou epos en jou mooi woorde! Ons waardeer dit OPREG!!! Ons is in Wellington, ja!! :-) Jou versameling klink opwinded! En wanneer ons hoor ons het nog “maatjies” wat nostalgies raak oor ou goed maak dit ons baie opgewonde! Sal jou graag daarmee wil help so laat weet gerus wanneer jy die uitstalling wil doen. Ons doen nie as ‘n reel binnenshuise versiering nie maar ek is seker ons sal jou kan help met hierdie versoek…!! Dankie vir die kompliment dat jy oplet ons doen geen herhalings in ons funksies nie… Dit is iets wat ons nogals probeer doen so dit is lekker om sulke positiewe terugvoer daaroor te kry! Nogmaals dankie vir jou mooi woorde, hoor graag van jou!!! Groete!

      Reply

Leave a Comment